Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 5:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIT is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.

2. Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.

3. Toe Adam honderd-en-dertig jaar oud was, het hy ’n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.

4. En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agthonderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.

5. So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, negehonderd-en-dertig jaar, en hy het gesterwe.

6. Toe Set honderd-en-vyf jaar oud was, het hy die vader van Enos geword.

7. En Set het ná die geboorte van Enos nog agthonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

Lees volledige hoofstuk Génesis 5