Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 49:7-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Vervloek is hulle toorn, want dit is heftig; en hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle verstrooi in Israel.

8. Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.

9. Juda is ’n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin; wie sal hom opjaag?

10. Die septer sal van Juda nie wyk nie, nòg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.

11. Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok; Hy was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed.

12. Hy is donkerder van oë as wyn en witter van tande as melk.

13. Sébulon sal woon by die strand van die see; en hy sal by die strand van die skepe wees, met die sykant na Sidon toe.

14. Íssaskar is ’n sterkgebeende esel wat tussen die veekrale lê.

15. Toe hy sien dat die rus goed en die land lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig.

16. Dan sal aan sý volk reg verskaf net soos enigeen van die stamme van Israel.

17. Laat Dan ’n slang wees op die weg, ’n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.

18. Op u verlossing wag ek, Here!

19. Gad — ’n bende sal hom aanval, maar hý sal hulle aan die hakskeen gryp.

Lees volledige hoofstuk Génesis 49