Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 46:13-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. En die seuns van Íssaskar: Tola en Puwa en Job en Simron.

14. En die seuns van Sébulon: Sered en Elon en Jágleël.

15. Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns en dogters was drie-en-dertig.

16. En die seuns van Gad: Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en Aródi en Areëli.

17. En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en Málkiël.

18. Dit is die seuns van Silpa wat Laban aan sy dogter Lea gegee het; en sy het vir Jakob hierdie sestien siele gebaar.

19. Die seuns van Ragel, die vrou van Jakob: Josef en Benjamin.

20. En vir Josef is in Egipteland gebore Manasse en Efraim wat Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het.

21. En die seuns van Benjamin: Bela en Beger en Asbel, Gera en Naäman, Egi en Ros, Muppim en Huppim en Ard.

22. Dit is die seuns van Ragel wat vir Jakob gebore is, almal saam veertien siele.

23. En die seuns van Dan: Husim.

Lees volledige hoofstuk Génesis 46