Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 45:8-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Júlle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God; en Hy het my ’n raadsman van Farao gemaak en ’n gebieder oor sy hele huis en ’n regeerder in die hele Egipteland.

9. Trek gou op na my vader en sê vir hom: So spreek u seun Josef: God het my ’n gebieder oor die hele Egipteland gemaak. Kom af na my, moenie versuim nie!

10. En u kan in die land Gosen woon en naby my wees, u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u beeste en alles wat u besit.

11. En ek sal u daar onderhou, want daar sal nog vyf jaar hongersnood wees; sodat u nie verarm nie, u en u huis en alles wat aan u behoort.

12. En kyk, julle oë sien dit, en die oë van my broer Benjamin, dat dit my mond is wat met julle spreek.

13. Vertel my vader dan van al my heerlikheid in Egipte en van alles wat julle gesien het, en bring my vader gou hierheen af.

14. Toe val hy sy broer Benjamin om die hals en ween; en ook Benjamin het aan sy hals geween.

15. En hy het al sy broers gesoen en aan hulle hals geween; en daarna het sy broers met hom gespreek.

16. Toe die gerug in die huis van Farao gehoor word dat Josef se broers gekom het, was dit goed in die oë van Farao en van sy dienaars.

Lees volledige hoofstuk Génesis 45