Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 44:21-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Toe het u aan u dienaars gesê: Bring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan rig.

22. En ons het my heer geantwoord: Die seun kan sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat.

23. Daarop het u aan u dienaars gesê: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien nie.

24. En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my heer te kenne gegee het,

25. het ons vader gesê: Gaan koop weer vir ons ’n bietjie voedsel.

26. Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie.

27. En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Júlle weet dat my vrou vir my twee gebaar het —

28. die een het van my af weggegaan, en ek het gesê: Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie.

29. As julle nou hierdie een ook van my af wegneem en hom ’n ongeluk oorkom, dan sal julle my grys hare met droefenis in die doderyk laat afdaal.

30. As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie — terwyl sy siel innig aan hom verkleef is —

31. sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer in die doderyk laat afdaal.

Lees volledige hoofstuk Génesis 44