Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 44:18-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Toe kom Juda nader na hom en sê: Ag, my heer, mag u dienaar tog ’n woord spreek voor die ore van my heer, en laat u toorn nie teen u dienaar ontvlam nie, want u staan gelyk met Farao.

19. My heer het sy dienaars gevra en gesê: Het julle ’n vader of broer?

20. En ons het my heer geantwoord: Ons het ’n ou vader; en daar is ’n jong seun, ’n kind van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief.

21. Toe het u aan u dienaars gesê: Bring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan rig.

22. En ons het my heer geantwoord: Die seun kan sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat.

23. Daarop het u aan u dienaars gesê: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien nie.

24. En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my heer te kenne gegee het,

25. het ons vader gesê: Gaan koop weer vir ons ’n bietjie voedsel.

Lees volledige hoofstuk Génesis 44