Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 4:6-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En die Here sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?

7. Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.

8. En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.

9. Toe sê die Here vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?

10. En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.

11. Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.

12. As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; ’n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde.

13. Daarop sê Kain vir die Here: My skuld is te groot om dit te dra.

14. Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: ’n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.

15. Maar die Here sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die Here het ’n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.

16. Toe gaan Kain weg van die aangesig van die Here, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.

17. En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy ’n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.

18. En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die vader van Mehújael; en Mehújael was die vader van Metúsael; en Metúsael die vader van Lameg.

19. En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla.

20. En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere.

Lees volledige hoofstuk Génesis 4