Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 39:5-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het die Here die huis van die Egiptenaar geseën ter wille van Josef; ja, die seën van die Here was by alles wat syne was, in die huis en op die veld.

6. En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net van die brood wat hy geëet het. En Josef was skoon van gestalte en mooi van aansien.

7. Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my.

8. Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee.

9. Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?

10. En nadat sy met Josef dag ná dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om by haar te lê om met haar gemeenskap te hou nie,

11. kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.

12. Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.

13. Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,

Lees volledige hoofstuk Génesis 39