Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 39:12-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.

13. Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,

14. roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons ’n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu;

15. en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en gevlug en na buite geloop.

16. En sy het sy kleed by haar neergelê totdat sy heer tuisgekom het.

17. En sy het hom met dieselfde woorde aangespreek en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om met my gek te skeer;

18. en toe ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en na buite gevlug.

19. Toe sy heer die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: So en so het jou kneg aan my gedoen — het hy baie kwaad geword;

20. en die heer van Josef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis.

21. Maar die Here was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis.

22. En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hý gedoen.

23. Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die Here met hom was; en wat hy doen, het die Here voorspoedig laat wees.

Lees volledige hoofstuk Génesis 39