Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 39:10-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En nadat sy met Josef dag ná dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om by haar te lê om met haar gemeenskap te hou nie,

11. kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.

12. Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.

13. Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,

14. roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons ’n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu;

15. en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en gevlug en na buite geloop.

16. En sy het sy kleed by haar neergelê totdat sy heer tuisgekom het.

17. En sy het hom met dieselfde woorde aangespreek en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om met my gek te skeer;

18. en toe ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en na buite gevlug.

19. Toe sy heer die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: So en so het jou kneg aan my gedoen — het hy baie kwaad geword;

20. en die heer van Josef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis.

Lees volledige hoofstuk Génesis 39