Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 38:25-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort.

26. En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie.

27. En toe sy sou baar, was daar ’n tweeling in haar skoot.

28. En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en ’n rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore.

29. Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem.

30. En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem.

Lees volledige hoofstuk Génesis 38