Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 36:7-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.

8. En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom.

9. Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seïr.

10. Dit is die name van die seuns van Esau: Élifas, die seun van Ada, die vrou van Esau; Réhuel, die seun van Basmat, die vrou van Esau.

11. En die seuns van Élifas was: Teman, Omar, Sefo en Gáetam en Kenas.

12. En Timna was ’n byvrou van Élifas, die seun van Esau; en sy het vir Élifas gebaar Ámalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau.

13. En dit is die seuns van Réhuel: Nahat en Serag, Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau.

14. En dit was die seuns van Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die vrou van Esau — sy het vir Esau gebaar Jehus en Jáelam en Korag.

Lees volledige hoofstuk Génesis 36