Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 36:32-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába.

33. En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer.

34. En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer.

35. En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit.

36. En ná die dood van Hadad het Samla van Másreka in sy plek geregeer.

37. En ná die dood van Samla het Saul van Réhobot, aan die rivier, in sy plek geregeer.

38. En ná die dood van Saul het Baäl-Hánan, die seun van Akbor, in sy plek geregeer.

39. En ná die dood van Baäl-Hánan, die seun van Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.

40. Dit is die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle geslagte, volgens hulle woonplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet,

41. die stamhoof Oholibáma, die stamhoof Ela, die stamhoof Pinon,

42. die stamhoof Kenas, die stamhoof Teman, die stamhoof Mibsar,

43. die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.

Lees volledige hoofstuk Génesis 36