Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 36:2-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die Hewiet;

3. en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot.

4. En Ada het vir Esau gebaar Élifas, en Basmat het gebaar Réhuel.

5. En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän.

6. Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na ’n land, wég van sy broer Jakob af;

7. want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.

Lees volledige hoofstuk Génesis 36