Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 35:20-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. En Jakob het ’n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe.

21. En Israel het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die ander kant van Migdal-Eder.

22. En terwyl Israel in dié land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se byvrou, gemeenskap gehad. En Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf.

23. Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Sébulon.

24. Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.

25. En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.

26. En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.

27. En Jakob het by sy vader Isak gekom in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak.

28. En die dae van Isak was honderd-en-tagtig jaar.

Lees volledige hoofstuk Génesis 35