Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 35:17-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook ’n seun vir u.

18. En toe haar siel uitgaan — want sy het gesterwe — noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.

19. So het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na Efrat, dit is Betlehem.

20. En Jakob het ’n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe.

21. En Israel het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die ander kant van Migdal-Eder.

Lees volledige hoofstuk Génesis 35