Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 34:9-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. en verswaer julle met ons: gee aan ons julle dogters, en neem vir julle ons dogters.

10. Bly maar by ons woon, en die land sal voor julle oop lê; woon en trek rond daarin en verwerf vaste besittings daarin.

11. En Sigem sê vir haar vader en haar broers: Laat my guns vind in julle oë, en wat julle van my eis, sal ek gee.

12. Vra my ’n baie groot koopprys en geskenk, en ek sal dit gee soos julle aan my sê; gee my net die dogter as vrou.

13. Toe antwoord die seuns van Jakob vir Sigem en Hemor, sy vader, met bedrog — hulle het so gespreek, omdat hy hulle suster Dina onteer het —

14. en sê vir hulle: Ons kan dit nie doen om ons suster aan ’n man te gee wat die voorhuid het nie, want dit sou ’n skande vir ons wees.

15. Net op hierdie voorwaarde kan ons inwillig: as julle word soos ons deurdat almal wat manlik is onder julle, besny word.

16. Dan sal ons ons dogters aan julle gee, en ons sal julle dogters vir ons neem; en ons sal by julle woon en een volk word.

17. Maar as julle nie na ons luister om besny te word nie, dan neem ons ons dogter en ons trek weg.

18. En hulle woorde was goed in die oë van Hemor en in die oë van Sigem, die seun van Hemor.

19. En die jongman het nie versuim om dit te doen nie, want hy het sin gehad in die dogter van Jakob, en hy was die mees geëerde in die hele huis van sy vader.

Lees volledige hoofstuk Génesis 34