Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 34:2-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer.

3. En sy siel het verkleef geraak aan Dina, die dogter van Jakob; en hy het die dogter liefgehad en na die hart van die dogter gespreek.

4. Sigem het ook met sy vader Hemor gespreek en gesê: Neem daardie dogter vir my as vrou.

5. Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina onteer het, was sy seuns by sy vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het.

6. En Hemor, die vader van Sigem, het na Jakob uitgegaan om met hom te spreek.

7. En die seuns van Jakob het uit die veld gekom toe hulle dit hoor; en die manne was gegrief en baie kwaad, omdat hy ’n skanddaad in Israel begaan het deur met die dogter van Jakob gemeenskap te hou: so iets mag nie gebeur het nie.

8. Toe spreek Hemor met hulle en sê: Die siel van my seun Sigem is verlief op julle dogter: gee haar tog aan hom as vrou

9. en verswaer julle met ons: gee aan ons julle dogters, en neem vir julle ons dogters.

10. Bly maar by ons woon, en die land sal voor julle oop lê; woon en trek rond daarin en verwerf vaste besittings daarin.

11. En Sigem sê vir haar vader en haar broers: Laat my guns vind in julle oë, en wat julle van my eis, sal ek gee.

Lees volledige hoofstuk Génesis 34