Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 33:16-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. So het Esau dan dié dag teruggegaan padlangs na Seïr toe.

17. Maar Jakob het na Sukkot weggetrek en vir hom ’n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot.

18. En Jakob het behoue aangekom by die stad Sigem wat in die land Kanaän is, toe hy van Paddan-Aram gekom het — hy het sy laer voor die stad opgeslaan

19. en die stuk grond gekoop waar hy sy tent opgeslaan het, van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke.

20. Daar het hy ook ’n altaar opgerig en dit genoem: Die God van Israel is God.

Lees volledige hoofstuk Génesis 33