Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 30:3-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En sy antwoord: Daar is my slavin Bilha; gaan by haar in, dat sy op my knieë kan baar en ek ook uit haar gebou kan word.

4. Daarop het sy aan hom haar slavin Bilha as vrou gegee, en Jakob het by haar ingegaan.

5. En Bilha het swanger geword en vir Jakob ’n seun gebaar.

6. Toe sê Ragel: God het aan my reg verskaf en my ook verhoor en my ’n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem.

7. En Bilha, die slavin van Ragel, het weer bevrug geword en vir Jakob ’n tweede seun gebaar.

8. Toe sê Ragel: Ek het bomenslike worstelinge met my suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom Náftali genoem.

9. En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou.

Lees volledige hoofstuk Génesis 30