Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 30:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kinders baar nie, het Ragel jaloers geword op haar suster en aan Jakob gesê: Gee vir my kinders of anders sterf ek.

2. Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: Is ek dan in die plek van God wat die vrug van die skoot aan jou onthou het?

3. En sy antwoord: Daar is my slavin Bilha; gaan by haar in, dat sy op my knieë kan baar en ek ook uit haar gebou kan word.

4. Daarop het sy aan hom haar slavin Bilha as vrou gegee, en Jakob het by haar ingegaan.

5. En Bilha het swanger geword en vir Jakob ’n seun gebaar.

6. Toe sê Ragel: God het aan my reg verskaf en my ook verhoor en my ’n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem.

7. En Bilha, die slavin van Ragel, het weer bevrug geword en vir Jakob ’n tweede seun gebaar.

Lees volledige hoofstuk Génesis 30