Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 3:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR die slang was listiger as al die diere van die veld wat die Here God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?

2. En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,

3. maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.

4. Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;

Lees volledige hoofstuk Génesis 3