Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 29:27-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. Hou die volle bruilofsweek met haar; dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nóg sewe jaar by my moet volbring.

28. En Jakob het so gedoen: hy het die volle bruilofsweek met haar gehou. Toe gee hy sy dogter Ragel aan hom as vrou.

29. En Laban het aan sy dogter Ragel sy slavin Bilha gegee as slavin vir haar.

30. En hy het ook by Ragel ingegaan en Ragel ook meer liefgehad as Lea. En hy was by hom nóg sewe jaar in diens.

31. En toe die Here sien dat Lea die nie-geliefde was, het Hy haar skoot geopen; maar Ragel was onvrugbaar.

32. En Lea het bevrug geword en ’n seun gebaar en hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, die Here het my ellende aangesien, want nou sal my man my liefhê.

33. En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Gewis, die Here het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom Símeon genoem.

34. En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Nou eindelik sal my man aan my geheg wees, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het. Daarom het sy hom Levi genoem.

35. En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Dié keer sal ek die Here loof. Daarom het sy hom Juda genoem. En sy het opgehou met baar.

Lees volledige hoofstuk Génesis 29