Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 29:20-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. So het Jakob dan sewe jaar gedien vir Ragel; en hulle was in sy oë soos ’n paar dae, omdat hy haar liefgehad het.

21. Toe sê Jakob vir Laban: Gee tog my vrou, want my dienstyd is om, dat ek by haar kan ingaan.

22. Daarop het Laban al die manne van die plek versamel en ’n maaltyd berei.

23. Maar in die aand het hy sy dogter Lea geneem en haar na hom gebring; en hy het by haar ingegaan.

24. En Laban het aan haar sy slavin Silpa gegee, naamlik aan sy dogter Lea, as slavin.

25. En die anderdagmôre — daar was dit Lea! Daarom het hy aan Laban gesê: Wat het u my nou aangedoen? Was ek nie vir Ragel by u in diens nie? Waarom het u my dan bedrieg?

26. En Laban antwoord: Dit is hier by ons nie die gewoonte om die jongste voor die oudste weg te gee nie.

27. Hou die volle bruilofsweek met haar; dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nóg sewe jaar by my moet volbring.

Lees volledige hoofstuk Génesis 29