Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 29:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE lig Jakob sy voete op en gaan na die land van die kinders van die Ooste.

2. En meteens sien hy ’n put in die veld en drie troppe kleinvee wat daarby lê, want uit dié put het hulle die vee laat drink; en daar was ’n groot klip op die opening van die put.

3. En as al die troppe daar bymekaarkom, rol hulle die klip weg van die opening van die put en laat die vee drink; daarna sit hulle die klip weer op die opening van die put op sy plek.

4. Toe sê Jakob vir hulle: My broers, waar is julle vandaan? En hulle antwoord: Ons kom van Haran.

5. En hy vra hulle: Ken julle vir Laban, die seun van Nahor? En hulle antwoord: Ons ken hom.

6. Verder sê hy vir hulle: Gaan dit goed met hom? En hulle antwoord: Dit gaan goed; en daar kom sy dogter Ragel aan met die vee.

Lees volledige hoofstuk Génesis 29