Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 26:28-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. Toe antwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat die Here met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog ’n eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons ’n verbond met jou sluit:

29. jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die Here.

30. Toe berei hy vir hulle ’n maaltyd, en hulle het geëet en gedrink.

31. En hulle is die môre vroeg op en het vir mekaar ’n eed gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek.

32. Dieselfde dag kom toe die dienaars van Isak en vertel hom van die put wat hulle gegrawe het, en sê vir hom: Ons het water gekry.

33. En hy het dit Seba genoem. Daarom is die naam van die stad Berséba tot vandag toe.

34. Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet.

Lees volledige hoofstuk Génesis 26