Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 24:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Abraham was oud en ver op sy dae, en die Here het Abraham in alles geseën.

2. Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup,

3. dat ek jou kan laat sweer by die Here, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie;

4. maar dat jy na my land en my familie sal gaan om vir my seun Isak ’n vrou te neem.

Lees volledige hoofstuk Génesis 24