Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 23:14-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En Efron het Abraham geantwoord en aan hom gesê:

15. My heer, luister na my. ’n Stuk land van vierhonderd sikkels silwer — wat is dit tussen my en u? Begraaf maar u dode.

16. Toe luister Abraham na Efron, en Abraham het aan Efron die geld afgeweeg waarvan hy gespreek het voor die ore van die seuns van Het — vierhonderd sikkels silwer gangbaar by die koopman.

17. So het dan die stuk grond van Efron wat in Magpéla teenoor Mamre lê, die stuk grond en die spelonk wat daarin is, en al die bome op die stuk grond wat op die ganse gebied daarvan rondom staan,

18. die eiendom van Abraham geword voor die oë van die seuns van Het, voor almal wat in die poort van sy stad ingegaan het.

19. Daarna het Abraham toe sy vrou Sara begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magpéla, oostelik van Mamre, dit is Hebron, in die land Kanaän.

20. So is dan die stuk grond en die spelonk wat daarin was, deur die seuns van Het aan Abraham afgestaan om dit as graf in eiendom te besit.

Lees volledige hoofstuk Génesis 23