Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 22:17-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.

18. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.

19. En Abraham het na sy dienaars teruggekeer; en hulle het klaargemaak en saam na Berséba gegaan. En Abraham het in Berséba bly woon.

20. Ná hierdie dinge het hulle aan Abraham berig gebring en gesê: Kyk, Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar:

21. Us, sy eersgeborene, en Bus, sy broer, en Kémuel, die vader van Aram,

22. ook Kesed en Haso en Pildas en Jidlaf en Bétuel.

23. (En Bétuel was die vader van Rebekka.) Hierdie agt het Milka vir Nahor, die broer van Abraham, gebaar.

24. En sy byvrou met die naam van Reüma, sy het ook Tebag en Gaham en Tahas en Máäga gebaar.

Lees volledige hoofstuk Génesis 22