Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 21:29-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. Toe sê Abiméleg vir Abraham: Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het?

30. En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my ’n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.

31. Daarom noem hulle dié plek Berséba, omdat hulle twee daar gesweer het.

32. So het hulle dan ’n verbond gesluit in Berséba. Daarna het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, klaargemaak en na die land van die Filistyne teruggegaan.

33. En hy het ’n tamarisk in Berséba geplant en daar die Naam van die Here, die ewige God, aangeroep.

34. En Abraham het baie dae as vreemdeling in die land van die Filistyne vertoef.

Lees volledige hoofstuk Génesis 21