Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 21:22-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. IN dié tyd het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê: God is met jou in alles wat jy doen.

23. Sweer dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef.

24. En Abraham antwoord: Ek sweer.

25. Maar Abraham het Abiméleg aangespreek oor ’n put wat die dienaars van Abiméleg met geweld geneem het.

26. Daarop antwoord Abiméleg: Ek weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my dit ook nie meegedeel nie, en ek het daar ook niks van gehoor nie as net vandag.

27. Toe neem Abraham kleinvee en beeste en gee dit aan Abiméleg; en hulle twee het ’n verbond gesluit;

28. Abraham het naamlik die sewe ooilammers van die kleinvee eenkant uitgekeer.

29. Toe sê Abiméleg vir Abraham: Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het?

30. En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my ’n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.

Lees volledige hoofstuk Génesis 21