Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 2:16-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. En die Here God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,

17. maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

18. Ook het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas.

19. En die Here God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.

20. So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.

21. Toe het die Here God ’n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.

22. En die Here God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die mens.

23. Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.

24. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

25. En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

Lees volledige hoofstuk Génesis 2