Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 2:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. SO is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.

2. En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.

3. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

4. DIT is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het,

5. was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die Here God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.

6. Maar ’n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.

7. En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword.

8. Ook het die Here God ’n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ’n plek gegee.

Lees volledige hoofstuk Génesis 2