Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 18:17-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Daarop sê die Here: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen,

18. terwyl Abraham tog sekerlik ’n groot en magtige nasie sal word en al die nasies van die aarde in hom geseën sal word?

19. Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die Here moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die Here oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.

20. Verder het die Here gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar.

21. Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet.

22. Toe het die manne daarvandaan weggedraai en na Sodom gegaan, maar Abraham het nog bly staan voor die aangesig van die Here.

23. En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring?

24. Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig regverdiges wat daarin is nie?

Lees volledige hoofstuk Génesis 18