Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 16:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het ’n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar.

2. En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die Here het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister.

3. Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin — nadat Abram tien jaar in die land Kanaän gewoon het — en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees.

4. En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres veragtelik in haar oë geword.

5. En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat die Here oordeel tussen my en jou.

6. En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand — doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.

7. En die Engel van die Here het haar by ’n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur,

Lees volledige hoofstuk Génesis 16