Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 14:16-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.

17. Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte.

18. En Melgisédek, die koning van Salem, wat ’n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring

19. en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.

20. En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.

21. En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.

22. Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die Here, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,

23. dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.

24. Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat dié hulle deel neem.

Lees volledige hoofstuk Génesis 14