Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 14:12-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek — want hy was in Sodom woonagtig.

13. Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die terpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was bondgenote van Abram.

14. Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, driehonderd-en-agtien, en hulle tot by Dan agtervolg —

15. hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van Damaskus lê.

16. En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.

17. Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte.

18. En Melgisédek, die koning van Salem, wat ’n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring

19. en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.

20. En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.

21. En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.

22. Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die Here, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,

Lees volledige hoofstuk Génesis 14