Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 13:14-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En die Here sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste;

15. want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.

16. En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.

17. Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee.

18. Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die Here ’n altaar gebou.

Lees volledige hoofstuk Génesis 13