Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 13:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. SO het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom.

2. En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud.

3. En hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek tot by Bet-el, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Bet-el en Ai,

4. na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die Here aangeroep.

5. En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad.

6. En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie.

7. En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. Ook het die Kanaäniete en Feresiete destyds in die land gewoon.

8. Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.

Lees volledige hoofstuk Génesis 13