Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 12:3-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

4. Toe het Abram weggetrek soos die Here hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf-en-sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.

5. En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan en in die land Kanaän gekom.

6. En Abram het deur die land getrek na die plek Sigem, tot by die terpentynboom More. Die Kanaäniete was toe in die land.

7. Daarop verskyn die Here aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar ’n altaar vir die Here wat aan hom verskyn het.

8. En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste- en Ai aan die oostekant, en daar vir die Here ’n altaar gebou en die Naam van die Here aangeroep.

9. Daarna het Abram al verder na die Suidland weggetrek.

10. En daar was hongersnood in die land, sodat Abram na Egipte afgetrek het om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.

11. En toe hy op die punt staan om Egipte in te trek, het hy met sy vrou Sarai gespreek: Kyk, ek weet dat jy ’n vrou is mooi van aansien.

12. As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou — en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe.

13. Sê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek om jou ontwil in die lewe kan bly.

14. Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was.

Lees volledige hoofstuk Génesis 12