Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 12:12-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou — en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe.

13. Sê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek om jou ontwil in die lewe kan bly.

14. Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was.

15. Ook het die vorste van Farao haar gesien en haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem.

16. En hy het goed gedoen aan Abram om haar ontwil, sodat hy kleinvee en beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele in besit gekry het.

17. Maar die Here het Farao en sy huis met groot plae besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram.

18. Daarop laat Farao Abram roep en hy sê: Wat het jy my nou aangedoen? Waarom het jy my nie te kenne gegee dat sy jou vrou is nie?

19. Waarom het jy gesê: Sy is my suster — sodat ek haar vir my as vrou geneem het? Daar is jou vrou dan nou; neem haar en gaan weg.

20. En Farao het aan enkele manne aangaande hom bevel gegee, en hulle het hom weggebring met sy vrou en sy hele besitting.

Lees volledige hoofstuk Génesis 12