Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 1:4-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;

5. en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

6. En God het gesê: Laat daar ’n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.

7. God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.

8. En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.

9. En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.

10. En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.

11. En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.

Lees volledige hoofstuk Génesis 1