Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 9:10-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. So het hulle dan roet uit die oond geneem en voor Farao gaan staan, en Moses het dit na die hemel uitgestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan mense en diere.

11. En die towenaars kon voor Moses nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars.

12. Maar die Here het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos die Here aan Moses gesê het.

13. VERDER het die Here aan Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao en sê vir hom: So spreek die Here, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

14. Want hierdie keer sal Ek al my plae in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie.

15. Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;

16. maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.

17. Versit jy jou nog teen my volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie?

18. Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd ’n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie.

19. Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die mense en die diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie — op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe.

20. Hy wat die Here se woord gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug;

21. maar hy wat op die Here se woord geen ag gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly.

22. Toe sê die Here vir Moses: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal hael wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in Egipteland.

Lees volledige hoofstuk Exodus 9