Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 6:15-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi was honderd-sewen-en-dertig jaar.

16. Die seuns van Gerson: Libni en Símeï volgens hulle geslagte.

17. En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ússiël; en die lewensjare van Kehat was honderd-drie-en-dertig jaar.

18. En die seuns van Merári: Magli en Musi. Dit is die geslagte van Levi volgens hulle afstamming.

19. En Amram het Jogébed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moses gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd-sewen-en-dertig jaar.

20. En die seuns van Jishar: Korag en Nefeg en Sigri.

21. En die seuns van Ússiël: Mísael, Élsafan en Sitri.

22. En Aäron het Eliséba, die dogter van Ammínadab, die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en sy het vir hom gebaar: Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.

23. En die seuns van Korag: Assir en Élkana en Abíasaf. Dit is die geslagte van die Koragiete.

24. En Eleásar, die seun van Aäron, het vir hom een van die dogters van Pútiël as vrou geneem; en sy het vir hom Pínehas gebaar. Dit is die familiehoofde van die Leviete volgens hulle geslagte.

25. Dit is Aäron en Moses aan wie die Here gesê het: Lei die kinders van Israel uit Egipteland volgens hulle leërskare.

26. Dit is hulle wat met Farao, die koning van Egipte, gespreek het om die kinders van Israel uit Egipte uit te lei. Dit is Moses en Aäron.

27. DIE dag toe die Here met Moses gespreek het in Egipteland,

28. het die Here Moses aangespreek met die woorde: Ek is die Here. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.

29. Toe sê Moses voor die aangesig van die Here: Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?

Lees volledige hoofstuk Exodus 6