Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 5:17-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan die Here offer.

18. Nou dan, loop werk! Maar strooi sal julle nie gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer.

19. Toe sien die opsigters van die kinders van Israel dat dit sleg met hulle staan, omdat daar gesê is: Julle mag jul bakstene, volgens die eis van elke dag, nie verminder nie.

20. En hulle het Moses en Aäron teëgekom, wat daar gestaan het om hulle te ontmoet as hulle van Farao af weggaan,

21. en het vir hulle gesê: Mag die Here op julle let en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle ’n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring.

22. TOE gaan Moses weer na die Here en sê: Here, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur?

Lees volledige hoofstuk Exodus 5