Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 5:11-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Loop haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry; maar van julle werk word niks verminder nie.

12. Toe het die volk in die hele Egipteland rondgegaan om stoppels te versamel vir strooi.

13. En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was.

14. En die opsigters van die kinders van Israel wat Farao se drywers oor hulle aangestel het, het slae gekry, met die woorde: Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle bepaalde werk, om stene te maak, volbring nie?

15. Daarom het die opsigters van die kinders van Israel gegaan, en hulle het geweeklaag by Farao en gesê: Waarom maak u so met u dienaars?

16. Aan u dienaars word geen strooi gegee nie, en hulle sê vir ons: Maak bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die skuld lê by u volk.

17. Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan die Here offer.

18. Nou dan, loop werk! Maar strooi sal julle nie gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer.

Lees volledige hoofstuk Exodus 5