Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 39:7-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene aan die kinders van Israel, soos die Here Moses beveel het.

8. Hy het ook die borstas van kunstige werk gemaak soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

9. Dit was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte, dubbel gevou was dit.

10. En hulle het daarin vier rye stene ingevul: ’n ry met ’n karneool, ’n topaas en ’n smarag was die eerste ry.

11. En die tweede ry: ’n karbonkel, ’n saffier en ’n jaspis.

12. En die derde ry: ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.

13. En die vierde ry: ’n chrisoliet, ’n oniks en ’n sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling.

14. En die stene was volgens die name van die kinders van Israel twaalf, volgens hulle name. Soos op ’n seëlsteen uitgesny word, was hulle vir twaalf stamme, elkeen volgens sy naam.

15. Hulle het ook by die borstas gedraaide kettings gemaak, soos toutjies gedraai, van suiwer goud;

Lees volledige hoofstuk Exodus 39