Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 38:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HY het ook die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el sy hoogte.

2. En hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk: en hy het dit met koper oorgetrek.

3. Hy het ook al die gereedskap van die altaar gemaak: die potte en die skoppe en die komme, die vurke en die vuurpanne. Al dié gereedskap het hy van koper gemaak.

4. Ook het hy vir die altaar ’n traliewerk gemaak, ’n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan tot by die helfte van die altaar.

5. En hy het vier ringe aan die vier ente van die kopertraliewerk gegiet, as plekke vir die draaghoute.

6. En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek.

7. En hy het die draaghoute in die ringe gesteek, aan die kante van die altaar, om dit daarmee te dra; hy het dit hol, van planke, gemaak.

8. Hy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.

9. Hy het ook die voorhof gemaak. Aan die suidekant, na die suide toe, was daar die behangsels van die voorhof, van fyn dubbeldraad-linne, honderd el lank;

10. daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer;

11. en aan die noordekant honderd el; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.

12. En aan die westekant was daar behangsels, vyftig el lank; daarby tien pilare met hulle tien voetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.

Lees volledige hoofstuk Exodus 38