Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 37:9-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. En die gérubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die gérubs was op die versoendeksel gerig.

10. Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en ’n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.

11. En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor ’n goue krans gemaak rondom.

12. Hy het ook daarvoor ’n lys van ’n handbreed gemaak rondom; en hy het ’n goue krans vir die lys gemaak rondom.

13. Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.

14. Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.

15. Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra.

16. En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.

17. Hy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die kandelaar gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk.

18. En ses arms het uit die sykante daarvan uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.

Lees volledige hoofstuk Exodus 37