Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 37:5-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark te dra.

6. Hy het ook ’n versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en ’n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte.

7. Ook het hy twee gérubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die versoendeksel.

8. Een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, het hy die gérubs gemaak, aan die twee ente.

9. En die gérubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die gérubs was op die versoendeksel gerig.

10. Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en ’n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.

11. En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor ’n goue krans gemaak rondom.

12. Hy het ook daarvoor ’n lys van ’n handbreed gemaak rondom; en hy het ’n goue krans vir die lys gemaak rondom.

13. Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.

14. Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.

Lees volledige hoofstuk Exodus 37